Walvisagtiges

Walvisagtiges
Tydperk: 55–0 m. jaar gelede Vroeë Eoseen - Hede
Bultrugwalvis wat na die oppervlak kom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Cetartiodactyla
Infraorde:
Cetacea
Parvorde

Mysticeti
Odontoceti
Archaeoceti (uitgesterf)
Sien teks vir families

Diversiteit
Ongeveer 88 spesies

Die walvisagtiges of setaseë (Cetacea, Latyn: cetus, walvis, uit Grieks) is, hoewel hulle glad geen hoewe of selfs tone meer het nie, 'n groep binne die orde Cetartiodactyla (die ewehoewiges) wat die walvisse, dolfyne, en seevarke insluit. Dit is lank as 'n eie orde beskou, maar genetiese navorsing het getoon dat hulle naverwant is aan die seekoeie.

Cetus is Latyn en word in biologiese name gebruik om "walvis" aan te dui; die oorspronklike betekenis was meer algemeen, "groot seesoogdier". Dit is afkomstig van die Antieke Grieks κῆτος (kētos), wat "walvis" of "enige reuse vis of seemonster" beteken het". In Griekse mitologie is die monster wat deur Perseus verslaan is, en in die sterrebeeld Cetus uitgebeeld word, Ceto genoem. Setologie is die tak van marienewetenskap wat handel oor die studie van walvisagtiges.

Walvisagtiges is dié soogdiere wat die beste aangepas is tot lewe in die water. Hulle liggame is spilvormig. Hulle voorste ledemate is tot vinpote aangepas. Die piepklein agterste ledemate is onontwikkeld; hulle is nie aan die ruggraat geheg nie en is binne die liggaam verberg. Die stert het horisontale stertvinne. Walvisagtiges is byna haarloos en word deur 'n dik laag walwisspek beskerm. As 'n groep word hulle gekenmerk deur hoë intelligensie.

Die Cetacea bevat ongeveer negentig spesies, almal seediere behalwe vir vier varswaterdolfynspesies. Die orde word in twee subgroepe onderverdeel, Mysticeti (balein- of baardwalvisse) en Odontoceti (tandwalvisse, wat dolfyne en seevarke insluit). Die spesies wissel in grootte van die Commerson se dolfyn en Tucuxi tot die blouwalvis, die grootste dier wat nog ooit bestaan het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search